skip to Main Content

Ons visie en missie

“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”- Matt.28:19

My doel vir hierdie bediening is gebaseur op Joh. 8:32, Luk. 4:18 en 2 Kor. 10:3-5

Joh.8:32 “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak”

Luk. 4:18 “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”

2 Kor. 10:3-5 “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.”

Dit is my hart om alle mense te help om die Waarheid te ken sodat hulle vry kan kom vanuit hulle tronke van slawerny wat leuen gevulde gedagtes is. Wanneer die vyand se leuens vervang word met God se Waarheid sal kettings begin breek en vestings wat opgerig is in gedagtes neergewerp word.

Dit is my doel om mense te help om met nuwe oë openbaring te ontvang vanuit God se Woord sodat hulle, hulle gedagtes sal gevange neem tot gehoorsaamheid aan God alleen.

Dit is my passie en my doel om mense te leer hoe om geestelik oorlog te voer aan die hand van God se Woord, want ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen owerhede en magte van die duistenis en teen bose geeste in die lug (Ef.6:12).

Dit is my doel om mense te help om nie meer onbekend te wees met die vyand se planne van vernietiging nie want die woord van God leer ons dat dit die vyand is wat steel, slag en verwoes in ons lewens (Joh.10:10).

Ek wil mense leer hoe om die vyand te weerstaan sodat hy sal wegvlug uit hulle lewe en dat die gebrokenes van hart genesing sal kan ontvang en waarlik vry sal kan begin leef omdat God se belofte van lewe en oorvloed en ‘n hoopvolle toekoms ‘n werklikheid sal word in hulle lewens.

Back To Top